Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Nota Bene" deur STEPHAN BOUWER
"Nota Bene" deur STEPHAN BOUWER [boodskap #10304] Ma, 11 Augustus 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
NOTA BENE
Stephan Bouwer

'n bondel bene beweeg - (J.G.)
(Vir Dr Lingenfelder en vennote)

Die seer geagte geneeshere het my nie
geopereer nie maar
narratologies
musikaal
empiries
gedekonstrueer

(I) : soos met 'n verhaal was daar
ewewig
disekwilibrium
herbalans

(ii) : soos met 'n simfonie was daar
andante
agitato
adagio

(iii) : soos met 'n steekproef was daar
assonansie
dissonansie
harmonie

Vier lumbale werwels word waargeneem
met die voorkoms van lumbo-sakrale oorgang/
die diskusspasies het nie vernou nie/
Geen spondiloliese artrose of erosies
word gedemonstreer nie/
Geen duidelike gewrigspatologie nie/
Posterior-elemente binne normale perke/

DAAR IS DEFORMITEIT VAN DIE PUBIESE RAMI!
DAAR IS ROTASIE-DEFORMITEIT VAN DIE HEMI-PELVIS!

Geen fokale benige letsels word waargeneem nie/
Die res van die benige bekken
blyk binne normale
perke te wees....
.....
Ek dans dus deesdae nie meer Turks nie
maar - met 'n toegewing aan ballroom - met my onderlyf
"stil en mooi in"
Vorige onderwerp: "Kom gee vir my polfyntjie" deur C.L. LEIPOLDT
Volgende onderwerp: "ballade van die beskawing" deur TOM GOUWS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 17:55:41 MGT 2024